Gewasemde ruite
Gewasemde ruite
ek voel hoe die donker oor my neerdaal
staar met troebel trane deur gewasemde ruite
bakhand vang ek ń druppeltjie dou
ek skryf jou naam met versigtigheid
teen ń gekraakte ruit
ek tuur na buite my flenter siel kyk nie op
ek wil roep, maar my woorde is min
trane dam op in die vensters van my brose siel
merktekens van gister se flenters
terwyl my oē vleg deur die sterre wat skitter
lê ek my siel in stilte neer
waar ek die eggo van jou naam nie meer hoor
jou woorde wat jy weergalm agter ń geslote deur stil word
my flenters lê versplinter
ek draai om, en gee ń teken dat jy moet gaan
en wanneer die môreson skyn
wil ek sien jou spore het verdwyn
(c) Emsa Haasbroek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek