
Verskuilde hartseer
in haar wese diep hartseer
verskuil agter die mooiste glimlag
verlange na haar geliefde
stil het sy dit verberg
vrou van die liefde
tog smagtend daarna
om net liefgehê te word
wetend haar geliefde
se hart gedwaal het
weggesteek in vriendelikheid
maar ons bewus van haar seer
in haar wese het sy vasgeglo
dat veranderinge sou kom
skielik verander alles
haar geliefde stil heen
sonder maande se sien
en stil gaan sy ook heen
ewig is hulle saam gevoeg
hartverskeurend ruk dit in jou
meskien is daar nou geluk gevind
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.