LEER MY
Leer my verstaan, hoekom dinge so drasties verander het. Is verandering noodwendig goed of is jy ook uit die era waar verandering moeilik aanvaarbaar is ?
Ek hanteer verandering nie baie goed nie. In ‘n sekere mate aanvaar ek sekere goed, maar dit neem tyd want ‘n mens ontwortel nie maklik nie.
Kinders grootmaak het in ‘n totale tammeletjie verander. Jy word gestraf selfs tronkstraf opgelê as jy jou kind tugtig en dit is nie al nie.
Nee die regering wil vir jou kind die keuse gee om te besluit oor seks onderrig, aborsies en inentings om net ‘n paar te kon opnoem.
Dis nou die nuwe Bela-wetgewing wat alle ouers behoort teen te staan.
Op elf het ek nog pop gespeel en die kleure in my albasters bewonder, nie verhoudings probleme gehad en partytjies gehou of oorgeslaap by vreemde mense nie.
Vandag lyk die prentjie drasties anders ek ek probeer verstaan want vandag se ouers was die kleuters wat ons grootgemaak het.
Tegnologie vat die kinders se kindwees oor en ouers laat dit toe.
Hoe gaan jy keer dat jou kind ‘n “tablet kid” word as jy hom die heeltyd sy sin gee ?
Vandag kry ons gehoorsame ouers terwyl die kinders manipuleer en wegloop op tien want sy gebruik emosionele afpersing as ‘n hulpmiddel om die ouers te dwing om haar sin vir haar te gee.
Is ons ouers sê hande afgekap in hierdie magsbehepte wêreld waarin ons , ons kinders moet grootmaak ?
Is God ons toevlug , ons anker?
Hoekom het die wêreld dan so van balaans afgeskud ?
Is dit ons sondige natuur, is dit om meer mag in te palm oor die mens wat beheer kan word ?
Ek wat hier skryf is in die 70’s gebore. Ek moes alles op die harder manier leer, maar wat om ons sirkuleer in die twintigste eeu is iets wat ek uit die bybel erken.
Satan en sy mag is hier om ons op elke denkbare maniere te toets en te vernietig.
Ons kinders en kleinkinders is die toekoms van Suid-Afrika, ons moet hulle beskerm en ingeligte ouers wees.
Weet teen Wie jy baklei en trek die wapenrusting aan vir die oorlog teen die Bose.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek