’n Kaalvoet Klonkie
Met ’n verflenterde broekie
en geskeurde hempie
staan hy daar
die seuntjie
’n kaalvoet klonkie
snot neusie loop
ogies vol hoop
wag hy geduldig
gedienstig
gedweë
mevrou so paar pennies
ek kyk van die grond af op
twee swart beentjies
geraamtejies
velletjie plek-plek
skurf wit
armpies en handjies saamgevou
om koue uit te hou
die mondjie lag tande wit
maar die ogies dood
kom ou kaalvoet klonkie
ek gaan koop vir jou ’n brood
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek