Jongste aktiwiteit:

So onthou ek ons somerkersfees.

As kindjie klein in die dorre warmte van Upington, was Kersfees iets besonders. Pa Jan wat by die spoorweë gewerk het, het elke jaar die kersseisoen net soveel waardeer as ons. Oukersaand was die hoogtepunt! Die atmosfeer was gelaai met opwinding en vreugde. Ons gesin, ek en ouboet Nico saam met ons mamma en pappa, het buite gesit, onder die helder sterrehemel wat so kenmerkend is van die Noord-Kaap.

Die opwinding was groot. Ons het kersliedjies gesing en elke noot het deur die nag weergalm. Ons het gesels oor hoe Kersvader dalk net om die draai kon wees. Ouboet Nico het sy oë groot gemaak en gesweer hy het die blink rooi neus van Rudolf in die verte gesien. Ons het laggend probeer kyk of ons ook iets kon raaksien met harte wat vinniger geklop het.

Mamma Fonna het altyd gesorg vir ietsie besonders. Wanneer sy daardie geskenkies aan ons oorhandig het, het ons hande gebewe van opgewondenheid terwyl ons die papiere oopskeur. Elke klein pakkie het gevoel soos ’n skat. Dit was nooit oor die waarde van die geskenk nie, maar oor die spesiale oomblik van liefde.

Daardie nagte onder die sterre, was gelaai met vreugde. Die eenvoud van ons Kersfees het ons harte gevul met ’n blydskap wat ek vandag nog dra.

Ja, so onthou ek ons Kersfees in die somer, met helder sterre bo ons. ’n Aand gevul met vrede en vreugde terwyl ons bymekaar was.

©MarleneErasmus
31/12/2024
(239 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed