Jongste aktiwiteit:

Lig in ’n eensame feestyd.

Lig in ’n eensame feestyd.

Kersfees is ’n tyd van ligte, geskenke en geselligheid – of so word daar vertel. Tog is hierdie tyd van die jaar vir baie mense bitter eensame dae. Winkels blink van versierings, gesinne lag saam rondom tafels, maar wat van dié wat niemand het nie? Hulle wat in stilte na kersliggies kyk met ’n swaar hart?

Eensaamheid tydens Kersfees sny diep, want die wêreld rondom jou lyk volmaak en vrolik. Die feesvieringe beklemtoon wat jy mis: ’n gesin of vriendekring om dit mee te deel. Liggies wat flikker sonder warmte. Stilte wat soos ’n swaar kombers om jou vou. Die vrolike geroesemoes laat jou eie stilte nog harder klink.

Tog, in hierdie donkerte, skuil ’n moontlikheid – om jou hand uit te steek, al voel dit moeilik. Soms kan ’n klein gebaar – ’n oproep, glimlag of geselskap – iemand anders se eensaamheid verlig, en dalk ook jou eie.

©Marlene Erasmus
(145 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed