Desember 2024 – Kersfees projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hier 10 lede!
WENNERS
GEDIGTE:
BRONS:
(1) No 1 Marthie Joubert (RIV) met Boemelaar
(2) No 8 Cobus Kruger met Plastiek vrolikheid
(3) No 7 Cobus Kruger met Hoekom jy ’n geskenkbewys kry
SILWER:
(1) No 17 Retha van Deventer met Sensoriese euforie
(2) No 5 Pieter Mostert met As die son …
(3) No 11 Hester Steenkamp met In absentia
GOUD:
(1) No 10 Caren Kearley met Helder ster
(2) No 20 Amanda De Meillon met Ruiltransaksie ala Kaaps
(3) No 9 Caren Kearley met Vir jou my lief
MENINGS:
(1) No 4 Hester Steenkamp met Kersdag in die droogte
(2) No 5 Ano met Die liefde van Christus
(3) No 1 Pieter Mostert met Eensaam en alleen
RUBRIEKE:
(1) No 3 Pieter Mostert met Toeka se ritueeltjies
(2) No 4 Marlene Erasmus met Gister se kersliggies
(3) No 2 Pieter Mostert met Heimwee
ARTIKELS:
(1) No 2 Pieter Moster met Kersfees – ’n Ekonomiese sneltrein?
(2) No 1 Pieter Mostert met Kersfees of Ekonomie fees
(3) No 3 Ano met Dit betaal om Kersfees te vier
VERHALE:
(1) No 4 Rika Gerryts met Die Tiekiepoeding
(2) No 3 Pieter Mostert met Toe antwoord die krans
(3) No 2 Marlene Erasmus met Kersfees-karaoke
KOMMENTAAR:
BRONS:
1. Boemelaar
Jy bewys met jou kwatryn dat `n digter nie jaartse spasie nodig het om `n weldeurdagte vers te skryf nie. Pragtig en welgedaan.
4. Die wonder van Kersfees
Ek hou van jou kwatryn. Die woordorde in die laaste sin is egter verdag. “wat lig in donker wêreld, én hoop, bring” lees baie beter. Gebruik punktuasie om jou vers sterker te maak.
7. Hoekom jy `n geskenkbewys kry
Ek hou van hierdie vars aanbieding. In my huishouding skep geskenkbewyse altyd donderstorms: dit is onpersoonlik, word daar vir my gesê. Heerlike kwatryn.
8. Plastiek vrolikheid
Die boodskap in jou kwatryn is dieper as op die oog-af. Ja!, ons mis hulle wat weg is en nie saam kan feesvier nie. Mooi geskryf.
13. Die ware fees
Diep deurdagte kwatryn wat die werklikheid van Kersfees onder die loep bring. Mooi rymwerk. Welgedaan.
21. Die Ewige Lig
Baie netjies en deurdag. Jou aanbieding is werklik keurig, maar die opdrag was duidelik dat die woord “Kersfees” ingesluit moet word.
SILWER
2. klingeling
Die opdrag was duidelik dat die woord “Kersfees” ingesluit moet word.
3. Die geskenk
Alhoewel ek hiervan hou sluit die vers stomp met die skrifaanhaling. Die kwatryn is tóg keurig en netjies.
5. As die son…
Dit is `n uithaler kwatryn. Heerlike beelde! Onoortroffe.
6. Christusfeesaroma
Dit is `n pragtige kwatryn. As ek gedwing word om kritiek te lewer sou ek dalk voorstel dat jy “deurspoel” met “omsoom” vervang. Lees dit met my voorstel en sien watse heerlike assonansie dit skep. Nietemin, welgedaan.
11. in absentia
Skerpsinnige sosiale kommentaar. Baie mense deel presies hierdie absentia. Mooi gedoen.
12. Somerseisoen
Heerlike kwatryn wat aards en eerlik in beeldrykheid aangebied is. Mooi gedoen.
17. Sensoriese euforie
Pragtige rympatroon Diep deurdagte kwatryn met elke woord wat mooi oorweeg en ingesluit is. Die gebruik van “herdink” eerder as “herdenk” maak jou vers soveel té meer treffend. Baie goeie kwatryn. Uitstekend.
18. Verlig
Keurige kwatryn. Ek weet nie of jou slotsin optimaal is nie, maar ek het ook nie `n werklike voorstel nie. Miskien kan “kersfees, uit `n hemelse bron” werk maar ek weet nie of dit strook met jou idee nie. Keurig en netjies nietemin.
22. `n Helder ster
Netjies en aangename kwatryn. Mooi rympatroon. Welgedaan.
23. Samesyn
Keurige kwatryn met `n suksesvolle rympatroon. Mooi.
GOUD
9. vir jou my lief
Kersfees en regte liefde gaan so mooi saam. Mooi kwatryn.
10. helder ster
Keurige werk. Mooi en ritmies.
14. serenade
Netjiese kwatryn.
15. Reënboog
Jou kwatryn spreek van die hoop wat in Kersfees oogesluit lê. Keurig.
16. lig
Die woordorde in die laaste sin kan effe aangepas word. “omvou die klein kindjie sag” Dit help met die ritme. Mooi kwatryn.
19. Heimwee en kindwees
Pragtige nostalgie. Netjies en keurig.
20. Ruiltransaksie ala Kaaps
Pragtig én Kaaps. Mooi gedoen.
MENINGSTUKKE:
1. Eensaam en alleen
Dit is `n sosiale euwel wat aangespreek moet word. Dankie dat jy die lig daarop skyn. Netjies geskryf.
2. Genadefees
Sterk mening. Netjies geskryf.
3. Geskenke
Netjies geskryf. Stof tot nadenke.
4. Kersdag in die droogte
Wat `n pragtige skrywe. Hoopvol, aards en lieflik. Mag ons almal so wees. Dankie.
5. Die liefde van Christus
Sterk en sinlike mening. Netjies geskryf.
6. O kersboom, O kersboom
Een ding erger as `n rebel, is `n eerlike rebel. Spesiaal vir ousus! Lekker lag ek saam.
7. Lig in `n eensame feestyd
Goeie sosiale kommentaar. Netjies geskryf met `n tooisel hoop.
8. Lig in duisternis
Ware lesse kan in min woorde oorgedra word. Netjiese kommentaar.
RUBRIEKE
1. Omgee tyd.
Let op die aanbieding. Baie sinne se konstruksie is sonder lid- en koppelwoorde en daarom lees dit kripties en hakkelrig.
2. Heimwee
Dit is `n heerlik nostalgiese rubriek. Die kerrie-afval laat my mond sommer water. Netjies geskryf.
3. Toeka se ritueeltjies
Wat `n pragtige rubriek. Werklik mooi en keurig geskryf. Welgedaan.
4. Gister se kersliggies
Jou rubriek is netjies en hou `n les in… en dalk is dit al wat nodig is. Mooi geskryf.
5. Ek onthou
Baie netjies geskryf. Keurig.
6. Kersfees is nie vir kinders nie
Dit is `n hartseer affêre. Netjies geskryf.
7. So onthou ek ons somerkersfees
Die geheim is die eenvoud en samesyn. Mooi geskryf. Keurig.
ARTIKELS
1. Kersfees of ekonomie fees?
Dit is `n goed nagevorsde en keurige artikel. Dankie vir die goeie navorsing. Mooi geskryf.
2. Kersfees – `n Ekonomiese sneltrein
Weldeurdagte en knap artikel. Goeie menings en navorsing. Keurig.
3. Dit betaal om Kersfees te vier
Vanuit die oog van die verkoper is dit papreëntyd. Netjiese artikel.
4. Die ekonomie van die feestyd
Keurige artikel. Netjies aangebied.
VERHALE
1. Ywerige elwe
Heerlike skertsende vonkverhaal.
2. Kersfees-karaoke
Lieflik en snaaks. Mooi gedoen.
3. Toe antwoord die krans
Heerlik. Miskien “plassie” eerder as “plasie”?
Lekker gelag. Mooi.
4. Die tiekiepoeding
Heerlik lag ek nou. Lieflike vonkverhaal.
INK moderator
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.