Jongste aktiwiteit:

Die Suiderkruis

Dit is ’n rustige aand in Nossopkamp in die Kgalagadi. Johan, ’n gerespekteerde digter in skrywerskringe, lê op die naat van sy rug op sy slaapsak. Hy staar met bewondering na die juwelekis van die naghemel wat besig is om bokant hom uit te strek tot in oneindigheid.
Johan dink aan die Psalmdigter se woorde: “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande … “ Dan herhaal hy ook saggies die woorde wat Dominee altyd gesê het wanneer hy op Sondae een van die Psalms of Gesange voorgelees het: “As ek die hemel aanskou, die werk van U hande, die maan en die sterre, wat is die mens dat U aan hom dink… en “… ewig onbegryplik Wese … “
In diepe verwondering dink Johan terwyl hy na die uitdyende sterrehemel bokant hom staar, aan die woorde van die digter N. P. van Wyk Louw se gedig, Die Profeet: “U is die Rustelose, U is die wind wat warrelend oor die vlamwit vlaktes waai van die heelal, dat die blink stof van die sterre staan … hier [lê] staan ek verblind in U fel brand se lig…”
In sy poëtiese-gedagtes kan Johan sien hoe die naghemel se sterredigters besig is om triljoene blinkende sterrereëls te orden tot skitterende sterrestrofes en uitdyende koeplette in kwatryne te verdeel tot glansryke sonnette en ballades.
Johan kan sweer dat die naggeluide om hom besig is om die helder gesig van die suiderkruis te interteks in die gedig van die melkweg.
Skielik word hy bewus van iets heiligs wat om hom in die donker hang. Johan kom meteens tot die diepe besef dat dat dit God se alomteenwoordige genade is wat tot hom spreek, spreek van ewigheid, wat hom ‘deeltjiedetektor’ in die epiek van felblink wentelbane waar glorieryke odes uit glansryke neologismes rympatroon.
Hoe wonderlik is dit nie, dink Johan terwyl hy uit respek regop staan, dat die kaleidoskopiese orde van God se skepping die boodskap van geloof, hoop, liefde en trou vertoon. Die ewig uitdyende uitspansel sinestese vergifnis en stralekrans in die Ikoon van Sy Seun Jesus se kruisrigting, terwyl die naghemel skitter van God se skeppingsglans.
—————————————————oo00oo———————————————————–
(©Pieter Mostert)

[Silwer]
[Woordtelling = 370]




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed