Jongste aktiwiteit:

November 2024 – OOP projek – uitslae en kommentaar

Baie geluk aan hierdie 11 lede!

WENNERS
GEDIGTE:
BRONS:
(1) No 22 Retha van Deventer met Die gladde stiltes in glas
(2) No 7 Coenie Horak met Die ouderdomsmuseum
(3) No 23 Cobus Kruger met Ekwilibris in die mis

SILWER:
(1) No 16 Marlene Erasmus met Na die storm
(2) No 25 Hester Steenkamp met Hentiesbaai
(3) No 8 Charles Skeen met Kreukels

GOUD:
(1) No 3 Amanda de Meillon met Vrywillige vergiftiging
(2) No 12 Elmarie Nienaber van Kampen met Lewe langs die grootpad
(3) No 2 Elmarie Nienaber Van Kampen met Idelle

MENINGS:
(1) No 1 Hester Steenkamp met Plaaskinders
(2) No 2 Ano met Wat ’n ramp!
(3) Geen

RUBRIEKE:
(1) No1 Marlene Erasmus met Geldmaakbeloftes
(2) Geen
(3) Geen

ARTIKELS:
(1) No 2 Ano met Kunsmatige intelligensie en gesondheidsorg
(2) No 3 Pieter Mostert met Die skepping van die heelal – wat is die waarheid?
(3) No 1 Pieter Mostert met Om innig jammer te voel

VERHALE:
(1) No 4 Arnold met Net eenmalig
(2) No 1 Retha van Deventer met Die na-nag van die stomp sker
(3) No 2 Retha van Deventer met Sing my

KOMMENTAAR

BRONS GEDIGTE

1. Ek en jy
Ek hou van die progressie wat jy hierin beplan en aangebied het. Die herhaling egter van “ek en jy” kon maklik en funksioneel vermy gewees het. Punktuasie sou jou vers baat. Ek hou egter baie hiervan en met sorgsame redigering sal jou vers selfs helderder skitter.

6. Emeritus
Die saad van rebellie ontkiem in die doof-astrantheid van gesagsfigure. Afvalligheid van die hoop volg. Digters en skrywers het die mag om hul ink-wapens dus te gebruik om hierdie “rebellie” te verwoord. Ek dink jy het besonders omgegaan met ‘n sosiale vraagstuk waaroor en waaraan baie in die moderne tyd herkou. Die rympatroon is opvallend en die ritme is goed. Die vers het my laat dink en dit is die werk van ‘n suksesvolle vers.
Ek wil die sin: “sy blik vlek soos swak grimering op ‘n lyk…” uitlig. Dit is ‘n ongelooflike sterk beeld.

7. Die oudorpsmuseum
Ek is seker nie eens jýself besef wat ‘n treffer jy hier raakgeskryf het nie. Die omgang wat jy het met die menslike toestand is ongelooflik. Herinneringe en die verloop van tyd wat nie altyd met genoegsame simpatie en respek hanteer word nie, word onder die loep geneem. Die beelde hierin is skerpsinnig en werklik tasbaar. Baie mooi werk dié.

10. Afrikaner se arbeid
Die sentiment hierin sal deur `n groot gehoor gedeel word. Die aanbieding is egter rondslomp en omslagtig. Lang sinne en die ontbreking aan funksionele en nodige punktuasie maak die lees hiervan moeiliker as wat dit behoort te wees. Jy kan die vers ontwikkel in `n juweel as jy effe daaraan redigeer.

11. Die Kaapse dokter
Ek jammer dat ek so prontuit praat maar hierdie vers is slordig aangebied. Die sinne is lank en omslagtig, gedagtes word onnodig herhaal en daar ontbreek orde. Redigering kan jou hier baat.

15. My lewensverhaal
Dit is `n baie eerlike vers maar ek weet nie of die aanbieding optimaal is nie. Die sinne is lank en die inhoud is waarlik omslagtig. Kontak my op inkmoderator@gmail.com

20. Tydig en ontydig
Aanvanklik herinner jou vers my aan `n barbier van ouds, maar gou word die vers meer donker en kan die interpretasie daarvan vir elke leser anders wees. Ek kan nie voorgee dat ek die strekking ten volle begryp nie, maar die beelde daarin is vars en interessant. Ek hou hiervan. Die sin “sing elke geveerde voël soos hy gebek is” is baie opvallend en skerp. Mooi gedoen.

21. Verbatim
Jou vers is ongelooflike goeie sosiale kommentaar oor die plek waarin Afrikaans haar pad kronies oop moet veg. Die feit dat die vers in meer as een manier geïnterpreteer kan word, is werklik ook prysenswaardig. Die vers is aangrypend en skep goeie stof tot nadenke. Welgedaan.

22. Die gladde stiltes in glas
Die mooiste beelde en metafore word in die vers ingespan om in geheel oor die refelksie van tydsverloop te bespiegel. As leser sien ek ook `n genuanseerde kritiek op die rol van die gelowige in die moderne samelewing waar hoop tog nié meer soseer vooropgestel word nie. Ek ervaar jou gedig oordenklik en besonders goed ontwikkel. Dit het `n indruk by my gelaat. Dankie vir die voetnota.

23. Ekwilibris in die mis
Om sosiaal, op welke wyse ookal, op die dood kommentaar te lewer, is en sal altyd `n moeilike onderwerp wees. Die ervaring is nie altyd objektief nie omdat almal nie in dieselfde wyse daarop reageer nie. Die laaste drie sinne in jou gedig verwoord hierdie ervaring so ongelooflik goed:
“`n bestemming veels te naby
en `n val
heeltemal alleen”
Baie goeie werk!

24. Berghaan uit die blou
Die metafore hierin is heerlik skerpsinnig. Die onverwagte “dood” het min impak op die wat nie daagliks daaroor vrees nie. Die vers kan natuurlik ook personfiseerd wees en wat dan dieselfde les aan die leser kan oordra. Die gedig herinner my nogal aan Lukas 12:22-26. Jy het mooi omgegaan met die taal, beelde en boodskap. Mooi gedoen.

SILWER
5. Curriculum vitae
Ek hou van die gebruik van al die idiome. Dit het seker baie werk geverg. Ek het egter voorbehoud oor die aanbieding, en veral die eerste strofe. Ek dink nie dit is die optimale manier om jou vers af te skop nie. Jy kan dalk redigering oorweeg wat dit betref. Ek hou egter van jou vers en die insluiting van die idiome en veral omdat jy dit aangewend het om jou “storie” te vertel.

8. Kreukels
Die geveg wat die skrywer het met gedagtes en woorde, wat soms afbreek, laat die dood insluip. Dit is baie skerpsinnig om introspektief om te gaan en die Kragen van die tong te ondersoek. Ek het Baie hiervan gehou. Met die lees van jou voetnota wil dit voel asof ek die vers geheel anders geïnterpreteer het. Welgedaan.

9. Blomme
Die lewe en liefde word baie gereeld met blomme as metafoor vergelyk gestel. Dit is daarom geyk. Waak daarteen dat jy nie in die strik val deur metafore te gebruik wat al menigmaal deurtrap is nie.

13. Ode aan my broer
Dit vers is keurig. Die aanbieding kan aandag kry deur na die lengte van sinne te kyk en seker te maak dat dit voortdurend ritmies is. Netjies nietemin.

14. Seisoen-stof
Ons as digters moet waak dat die verse wat ons skryf nie geyk word nie. Soek en ondersoek nuwe maniere om verse te skryf met metafore wat al holrug gebruik is.

16. Na die storm
Lieflike en heerlike beelde in hierdie vers. Jy het baie mooi en ritmies omgegaan met die nadraai van die storrm.

25. Hentiesbaai
Pragtige vers met lewende beelde. Die leser word saamgevoer tot waar die skrywer die geheime van die strand beskryf. Welgedaan.

GOUD

2. Idelle
Dit is `n besonderse teer en mooi vers. Welgedaan.

3. Vrywillig vergiftig
Wat `n besonderse gedig wat keurig, ritmies en mooi aangebied is. Die inhoud boei.

4. Adam
Interessante vers. Keurig.

12. Lewe langs die grootpad
Baie unteressante invalshoek. Daar is `n groter les hierin as wat die leser aanvanklik besef. Welgedaan.

17. Desolaat
Ek is baie jammer maar ek ervaar nie hierdie gedig op goudstandaard nie. Kontak my gerus op inkmoderator@gmail.com

18. Verjaardagkoekplan
Baie skerp limiriek hierdie. Mooi.

19. Grace
Nei goudstandaard nie. Kontak my op inkmoderator@gmail.com

MENINGSTUKKE

1. Plaaskinders
Ek het baie lekker hieraan gelees. Die skryfstuk lees gemaklik en lekker. Die meningstuk is keurig. Baie mooi geskryf.

2. Wat `n ramp
Ek het lekker gelees aan jou keurige aanbieding. Jy het egter die datum van die Helderberg lugramp verkeerd aangedui. Dit het reeds in 1987 gebeur.

RUBRIEKE

1. Geldmaak beloftes
Jy het `n ongelooflike insiggewende rubriek aangebied. Dit is `n waardevolle en oortuigende rubriek. Welgedaan.

2. `n Handvol honger wolwe
Let asseblief op spelling en woordkeuses. “Ontspruit? – eerder ontkiem, ens.
” Hubby” is lelike Afrikaans. Sinkonstruksie en woordkeuse: (as voorbeeld) “weer my lus vir naaldwerk uitleef…” eerder as “onder beheer kry mie.”
Die rubriek is soos `n wiplank rit en die titel maak geen sin nie.

ARTIKELS

1. Om innig jammer te voel
Netjiese werk. Waak daarteen dat jou artikels nie preke word nie. Keurig nietemin.

2. Kunsmatige intelligensie en gesondheidsorg
Dit is `n ongelooflik goeie artikel met uitstaande navorsing. Ek het lekker hieraan gelees en baie geleer. Baie geluk met netjiese werk.

3. Die skepping van die heelal – wat is die waarheid?
Baie noukeurige werk. Dit is `n suksesvolle artikel omdat albei kante van die muntstuk ondersoek word. Baie noukeurig met goeie navorsing. Uithaler artikel.

VERHALE

1. Na-nag van die stomp skêr
Baie goeie storie en katakterontwikkeling. Die storie ontsluit goed. Welgedaan.

2. Sing my
Netjiese storie. Goeie ontwikkeling en ontsluiting. Mooi gedoen.

3. Kamp-flaters
Die verhaal lees heerlik. Welgedaan.

4. net eenmalig
Dit is `n ongelooflike skerpsinnige vonkverhaal. Baie goeie werk.

INKMODERATOR




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed