Januarie 2025 – OOP projek
Beste INKers,
Dit is BAIE belangrik dat jy as deelnemer aan die projekte deegliks kennis neem van die veranderinge aan die projekte vanaf die 1ste Januarie 2025.
Projekveranderinge vanaf 1 Januarie 2025
Neem kennis van die volgende terme en hul definisies:
a. PROJEKSIKLUS:
Spesifieke maand waarin die betrokke projek aangebied word. Vanaf die 1 ste tot die laaste dag van die maand.
b. ETOOISELS EN MERKERS
“Tags and markers”. Jy sal oplet, in welke genré jy ookal deelneem, die stelsel jou sal pols om jou inskrywing te koppel aan ‘n spesifieke genre en ‘n verkose projek. Verder kan jy ook die keuse uitoefen om merkers (polswoorde) aan jou werk te koppel;
c. TOEKENNINGSIKLUS:
Hierdie siklus het betrekking op die evaluering, moderering en oorweging van die jaarlikse inskrywings vir toekennings by die jaarlikse INK GALA. Hierdie siklus loop van 1 OKTOBER tot 30 September in die daaropvolgende jaar.
d. TOEKENNINGKATEGORIEË:
i. Digters – Bronsstatus
Trofee: Wenner / Sertifikaat: 2de Plek / Sertifikaat: 3de Plek
Digters – Silwerstatus
Trofee: Wenner / Sertifikaat: 2de Plek / Sertifikaat: 3de Plek
Digters – Goudstatus
Trofee: Wenner / Sertifikaat: 2de Plek / Sertifikaat: 3de Plek
ii. Prosaskrywers (Alle Meningstukke. Artikels en rubrieke van September 2024 – Desember 2024 sal wel vir 2025 in aanmerking kom onder die 1 hoof en nie meer afsonderlik nie)
Trofee: Wenner / Sertifikaat: 2de Plek / Sertifikaat: 3de Plek
iii. Verhaalskrywers
Trofee: Wenner / Sertifikaat: 2de Plek / Sertifikaat: 3de Plek
iv. Nuweling van die Jaar
Trofee: Wenner /Sertifikaat 2de plek / Sertifikaat 3de plek
e. NAVRAE EN KOMMUNIKASIE:
Alle navrae en kommunikasie aangaande die maandelikse projekte moet aan die INK moderator gerig word. Gebruik dié epos adres: inkmoderator@gmail.com
VERANDERINGE AAN DIE PROJEKTE SOOS VOLG:
1. Die digkategorieë bly onveranderd;
2. Die PROSA afdeling vervang al die vorige kategorieë naamlik, menings, artikels en rubrieke.
3. Die verhalekategorie kry ‘n addisionele been naamlik die “vervolgverhaal”. Die word nie ‘n afsonderlike afdeling nie maar sal saam die kortverhale meeding.
Daar is egter sekere reëls wat die vervolgverhaal betref:
a. Die verhaal moet duidelik in die titelreël (tussen hakies) aangedui word. Die hoofstuk telling moet ook in dieselfde hakie geplaas word
VOORBEELD: Gesteelde onskuld (Vervolgverhaal, Hoofstuk 1 en 2)
b. Jy mag slegs 2 hoofstukke per projeksiklus inskryf;
c. Deelname aan die vervolgverhaal word nie aan die Tema van enige projek gekoppel nie;
d. Jou volle verhaal moet in die toekenningsiklus gepubliseer word indien jy in aanmerking wil kom vir ‘n toekenning tydens die gala;
4. Die hoeveelheid inskrywings per genré per projeksiklus is soos volg:
a. Gedigte: Slegs 2
b. Prosa: Slegs 3
c. Verhale: Kortverhale: Slegs 2
Vervolgverhale: slegs 2 hoofstukke
d. Die prosa inskrywings is aangepas om die skrywers wat aan menings,artikels en rubrieke deelgeneem het se werk in te sluit. Daar kan 3 plasings onder Prosa gemaak word (hetsy meningstuk, artikel of rubriek) maar sal as n geheel beoordeel word
Om die nuwe jaar dus te vier is die projek tema hierdie maand sonder voorskrifte.
Die inskrywings is dus oop vir jou om sonder reëls en voorskrifte deel te neem.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.