Nooit Alleen
Ons almal se lewens is gejaagd. Elkeen het sy eie bekommernisse en dinge wat hulle daagliks besig hou.
Kinders moet skool toe, daars druk by die werk, verhoudings loop nie altyd glad nie, finasies is beroerd en die regering maak ook nie dinge makliker nie.
Dan, uit die bloute gebeur iets. Iets wat jou hele wêreld ruk, jou tot stilstand dwing en die eggo in jou ore skree, waarmee is jy besig?
Soms, net soms kom wys die lewe vir ons haar harde, wrede kant. Die kant wat jou hart in stukke verskeur, die lelike kant waaroor ons eerder nie wil dink nie. Soms kom ruk sy die lewe uit ons geliefdes op so manier dat ons net afskakel. Ons bestaan net, ons is net.
In daardie verdwaasdheid kyk ons soms op en besef met hoeveel kleinlike dinge ons onself daagliks besig hou en omring.
Voor jy vandag vies raak vir die oom wat te stadig voor jou ry, die nors kassier by die supermark of voor jy die kinders kortaf antwoord omdat jy moeg is en nie nou lus het hiervoor nie, gaan staan stil en vra, waardeur gaan hulle vandag en gaan my ongeduld en kortaf snedige opmerking enigsins help?
Ek stuur vandag n drukkie aan elkeen wat voor n Goliat berg staan. My drukkie help dalk nie veel nie, maar dit kom saam met n slingervel, drie wit klippies en die wete dat jy nie vandag alleen is nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek