
Leonardville (Goud)
Leonardville
in die land van sand en sonskyn
waar wolke leeg soos ou beloftes hang
kreun die Kalahari boepensvol water
ondergronds gestoor in ’n oer-akwifer
nes die volstruiseierdop van ’n Khoisan-jagter
maar selfs die diepste geheime word uitgedelf
wanneer volksvreemdes roekeloos
ongereptheid tot pokgesig boor
en hulle blinkbek lag van die vetheid
ontgin uit ander se erfgoed
en terwyl fossielwater gifgeel gloei
sal skepe propvol uraan Rusland toe vaar
met ’n middelvinger-handgebaar
en al wat sal oorbly is ’n gebroke aarde
waar bos en boom blaarloos buig
as ontheemdes hul geboortegrond groet
met die wind se asem vol rook en roet
© Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek