Hartseer
Deur diep donker dal
waar bloedskadu val
hopeloos, hartseer,
mens ongelowig van wanhoop,
half-geleerd in angs,
om middernaglug
klop tot God se troon
met skree en verwyt,
dorre siele-woestyn, stil word
onder vertikale blouglans
van die Hemele
grimmigheid vir die dood
in stilte soos die dood,
monumentale standbeeld
ewige horlosie en roekelose wee
tot self -krummel na stof
marmer ooglede is nie nat nie:
as dit kan huil, kan dit opstaan en loop
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.