Beloofde land
O Jesus, ontmoet my by die krip
waar U, ‘n baba, lê;
openbaar aan my U geseënde plan
om na die aarde te kom, ‘n mens,
dat ek my deel kan doen
O Meester, ontmoet my waar U
die blinde red;
wys my U leidende lig,
vir my oë behoue
dat ek U wonders
kan aanskou
O Verlosser, ontmoet my by die see;
waar skares na U luister;
U woorde van liefde wil ek hoor,
U belofte van ‘n huis bo,
te weet my sondes is versoen
O Jesus, ontmoet my by die put;
waar U lewende water vloei,
dat ek kan drink
ewige genesing vind
na niks meer dors
O Meester, ontmoet my by die Kruis;
waar U vir my gesterf het
soos Maria, by U te bly,
by die graf waar U lê
die olies te voorsien
O Verlosser, ontmoet my by die hek;
van U ewige tuiste,
reik na my U liefdevolle hand
lei my na U beloofde land
dat ek nooit verdwaal
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.