Jongste aktiwiteit:

Alleen

Ek het die fluit bespeel,
maar nooit regtig geweet
dat dit ‘n deuntjie sou neurie
wyl die sonlig loer deur die bos,
waar my kokon sou ontvou
alleen,
onder die fakkel van die sekelmaan,
wat die mis verkwis,
blyk die lente binnekort hier te wees
klippies kielie my voete en blomme versier my hare
ek vang die son in die spieël van die stroom,
sy horison maroen
die takke is nie meer verstrengel
as vrede my omarm
speel ek weer die fluit
en die voëls tjirp saam
‘n alleenloper is tog nie
alleen nie

©Marike Erasmus




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed