My hartseerste uur
Dood lê jou lewende siel
ver-persoon die
flenters van my hart
skielik
en skerp
dit vlek die tien gebooie
skrikswart skaduwee
my kruis vergulde
herinneringe
skeur deur my
die doodsengel
het jou kom haal
my hartseerste uur
droefheid
het God my gefaal?
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.