vlieg innie-sop
wat ek kan onthou
as ek my geheue vertrou
is jou hooghartige uitkyk
wat altyd lagwekkend lyk
jou selfgemaakte verhoog
in eiegeregtigheid geloog
die oë nie oop en helder
net afkyk en kelder
dan sien ek jou vandag
steeds dieselfde en ek lag
as leeftyd jou nie nederigheid
kon leer sal saligheid jou ontwyk
dieselfde opgesmukte standaard
gebore uit adelman se baard
selfbejammerende selfsug
in jou eie kliek vas getug
my bede vir jou, en jou is eg
dat jy genade op genade bereg
sodat jou adelike voorhangsel
betyds sal oopskeur, ja wel
tyd alleen sal ons leer
wat met jou gebeur
of jou suur gesig
sal sien die lig
©Teárlach
(Donker digter) Silwer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.