Jongste aktiwiteit:

Gelapte drome

gelapte drome
hartseer en lag lepellê
in half-klaar some
elke stukkie lap wat ‘n storie vertel
van die dromer vasgevang
in tyd se sel
krom vingers wat nie meer drome kan vang
hangkaste vol van vergete drome
drome wat half-klaar hang
die kind wat die trui moes dra te gou groot
die dromer te gou oud
sy drome nou dood
in die laaste strale van die son het drome verdwyn
al wat nou oor is
is die dromer se refrein
die dromer droom nie meer nie
die tyd was te kort
die klik-klik van breinaalde
het stil geword
tyd sluk drome in
maar die drome van die dromer
is ander se weer begin
met ‘n gedroomde stukkie lap
en tyd wat soos ‘n honger hond
aan die dromer se hakskene hap




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed