Jongste aktiwiteit:

Oudword

buite alles groen.
nuwe botsels, nuwe seisoen.
binne leeg en dood.
tyd tik genadeloos voort.
kaleidoskoop van wit en swart.
vensters dof
van jare se stof.
reënspatsels
wat swaar neerplof.
‘n gees wat weer en weer probeer
‘n onwillige liggaam mee te sleur.

want deur die oë van ‘n oumens
is die lig te skerp
is die opdraandes te moeilik
en die koue te snerp.
lyk een boom soos die ander
en die skaduwees maak jou bang.
is jy wat altyd vry wil wees
in ‘n oumenslyf gevang




2 Kommentare

  • Amanda

    Sjoe, wat 'n mooi reis waarop die digter mens neem. Die kontras tussen die mooi tuin en die vergane huis, personifikasie van die huis en die vergelyking tussen huis en oumens is bindend. Struktuur van die die gedig gee mens die gevoel van verlatendheid, verstrooid soos n oumens. Pragtig.

  • Elroux

    So baie dankie vir jou kommentaar Amanda ek waardeer dit. Jammer ek antwoord nou eers maar ek was bietjie uit aksie.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed