Onbekende
met onbekende gesigte
wriemel vreemdes
waar geen oog
die ander vang
die gewoel gaan aan
elkeen ongeerg oor die ander
dan vries die oomblik
een oog in ń ander
die fraksie van ń sekonde
vang eeue oue logos* vas
dan spoel dit blitsig weg
in die straatgeraas
*logos s.nw.
1 (soms met ‘n hl. Logos) (filosofie) (Gr.) Manifestasie v.d. rede wat orde, doelgerigtheid en begrip i.d. heelal verseker
Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.