STIL GEBOORTE
Ek en jy
ons; saam
sien hoe tyd verby gly
diep bewus van waar ons staan
ons; saam
gedwonge stom en doof
diep bewus van waar ons staan
van ’n moontlikheid beroof
gedwonge stom en doof
sien hoe tyd verby gly
van ’n moontlikheid beroof
ek en jy
©HMellet2020
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Dis nogal waar dat baie is nie in ons hande nie, die tyd of logika net nie reg. Pragtig. Ons leer deur te ander te lees en kommentaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommentaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek vra dat jy dieselfde doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk. Ek sien jy is ń ster Dankie ‼️