ANNIE
Annie, my lief
skelm is ’n dief,
maar so ook ieder maal
’n hart wat dwaal
Annie, my lam
solank daar blare aan die bome hang,
sal jy skadu hê om in te rus –
sal jou kop weet waar jou hart is
Annie, my mens
solank die hart nog kan wens,
sal die hoop nie beskaam –
loop ons gedagtes vir bietjie tyd saam
©HMellet2020
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek