Jongste aktiwiteit:

Gelofte

Jy neem my net soos Izak
binne-in jou hart
se tent

en ek word jou vrou,

met bloeisels van granate
oor ons bed gestrooi
en nardus op ‘n palmtak,

want in jou oë
was ek die liefde
wat jy altyd voor jou God
in teerheid sou behou.

Maar n storm ruk die flappe –
laat als aan flarde waai
en jy stuur my
met my klede
op n kameel se rug gelaai,

soos n sondebok
na die woestyn

en n pen wat deur my siel
se tenger bloei bly skryn.

Charleine Collins © 6 Augustus 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed