Jongste aktiwiteit:

barrevoets (SILWER)

barrevoets

die dor droogte se dreigende drogbeelde
draai in my gedagtes waar tolbos oor die werf aanrol
vandag se rooi Kalahari-wind waai in wilde warrels
hier waar lammer-karkasse bleekwit opgestapel lê

spoedig beweeg alles stadiger, die lewe loop sleepvoet
ek verlustig ek my aan ʼn onbereikbare oase op die horison
“ag Here, dit is dan maar net ʼn lugspieëling voor my”
die son het laaste water in die modderdam opgeslurp

“kom mamma, ek wil op die modderkrulle loop”
kraaknuut die genot van my kindwees, ek is salig onbewus
van die grootmense wat biddend op hul knieë smeek
“Vader, stuur tog die genadewater, stuur dit tog gou”

die eerste druppel plof in dorre stof – die reën kom
met vars soet reuk wat uit die aarde opslaan
die mens het gesmeek en
ons Vader het gebede verhoor

©Marlene Erasmus
31/01/2023




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed