
dodder
–
lieplapper boskapper
saag gulsig aan die mooi hout
laat die jonger stamme staan
om vermorsel te word deur
swaar vallende stamme
–
so loop die lewe
van ‘n man sonder plan
gee nie om oor en op hoeveel
ander hy trap om bo te kom
verwoeste lewes lê agter
–
hierdie lewensvorm
versmoor alles onder
soos dodder oor ‘n plant
wat alle kos en lug opeis
net homself voorsien
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.