
Oorvloed
Sag streel die koel oggend briesie
oor tak en blaar
blinkoog skitter druppels van genade daar
die getuie van God se oorvloed
wat vir dae lank ons dorre aarde voed
oor die velde en heuwels
huppel die grasse reeds uitbundig
staan die doringboom in blom
as teken van hul dankbaarheid
oor die oorvloedige seën
kyk jy om jou rond
sien jy die oorvloed raak
voel jy jou binneste oopbreek
soos ‘n nuwe roosknop
of ‘n ryp granaat
uit dankbaarheid
oor al die oorvloed om jou heen
laat ons dan nie net God se oorvloed ervaar
maar dit aangee
aan die mense om ons
dat dit nog oorvloed kan baar.
© Marsofine Krynauw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.