GOEIEMORE
GOEIEMORE
goeiemore my sonskyn
goeiemore my kind
kom ons draf langs die strand
kom ons ry op die wind
goeiemore my sonskyn
agter jou wolk van swael
bo jou *leeggeroofde myn
so vol suurreën en hael
goeiemore my kind
in jou *vêrverlate land
hoe sal ek jou ooit weer vind
só blou deur bomme verbrand
waar my lankvergete kind
sal ek jou ooit weer vind
©Fanus Strydom
Voetnota:
*leeggeroofde : uitgekalf, omgedolwe, gestroop, beroof
*vêrverlate: onbekende, vergete, onbereikbare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.