Bind en skei
wat bind
eldos, wentworth and elsies
wie woon in hierdie blokkies raisel
is hulle werwant?
wie of wat
slurp julle op, omvou julle met lou water
soos vissies in getypoele
wie kou en spoeg uit?
wat skei
eldos, wenties and elsies
woorde in die mond, kos op die tafel, kleredrag
neigings tot passiviteit, neigings tot gebalde vuis
watter mes
gesmeer met heuning of asyn
skeur hierdie drieling
uitmekaar
saam grootgeword
onder strale, skadus, stowwerige sportvelde, blink bekers en markiestente van feesvier
kaal en geklee
by tye
gesigte geteken met snot, lipstiek, n gooedkoop oorbel, ‘n tatoeëermerk
‘n verdwaalde traan
saam uit hierdie grond
gewurm, gewortel
en tog
hierdie aangeplakte gesig
gaan nog
warm trane
bloei
trane van …
bind en skei
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.