Jongste aktiwiteit:

Stilbly

soos ‘n plaag wat my in die donker bekruip
het verkragting my vreugde kom steel
toe jy my identiteit swartsmeer
met jou vieslike vraatsige vatterigheid
al die seer
begrawe ek diep in my gees
om so my tannie van pyn te spaar
want stilbly is ook ‘n antwoord

die ramp wat my innerlik verwoes
is die woorde van my pa
wat letsels oor my hart los
in sy dronk verdriet
saai hy verwoesting deur my lewe
wat ek in my siel toesmeer
om my ma die seer te spaar
want stilbly is ook ‘n antwoord

die geraamtes
wat in die skadu van my siel skuil
tuimel na jare uit hul kas
die pyn sny diep
en herinneringe koggel my
die ewige gevoel
van “ek’s nie goed genoeg”
lag my uit

al dompel depressie my in duisternis
het ek in die lig van vryheid
waarheid ontdek
en met vergifnis
is my siel losgekoop
my vreugde
het depressie se gat geskop
en vandag is ek sterker
as dit wat my wou breek
stilbly was toe nie die regte antwoord

©Jessica Venter
31/10/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed