Sonskynvriendskap
jou vriendskap
is soos sonsopkoms
op my horison
waar ek onder jou skadu
my hart kan uit huil
en tussen jou strale
kom skuil
by jou kan ek
myself wees
want jy aanvaar my
AS IS
jy sien die beste in my raak
saam kan ons huppel en lag
laf wees en grappies maak
maar ons kan ook saam huil
en die lewe se probleme saam
in gebed veg
jou sonskynvriendskap
verlig my wêreld
met hoop
dankie vir jou jy-wees
©Jessica Venter
26/10/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.