Oer oue liedjie (Brons)
Daar is ʼn liedjie
wat mense steeds wil hoor
die oer oue note
wat vir eeue
die mensdom bekoor
sal hul na luister
oor en oor
die instrument
ʼn Skeppingswerk
immer nuut
met ʼn suiwerheid van noot
eers word jy jou gewaar
van die groeiende
bariton klanke
al harder en harder
totdat dit forte
met ʼn grootse gerammel
dan na die donderende klanke
volg die sagte andante
van druppels op die dak
speel die deuntjie rond
tussen allegro en moderato
verslaaf dit jou sinne
met hul minnelied
so onbeskryflik mooi
die aande skoon gewas
kom lê die vrede
vlak in jou siel
deur hierdie lied gebring
wil jy soms
nét dans in die reën!
©Marsofine Krynauw
26 Oktober 2020
Bariton – diep lae klank
Forte – hard
Allegro – vinnig
Andante – stadige pas
Moderato – gematigde tempo
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek