Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

Kat

Biografie

Sterk getrek in die hutspotte van lande, tale, dinge. Onderwyser van tale Afrikaans, Engels, Duits. Penne geslyp as Sub by die Burger en Volksblad. Skrywer van rubtieke en artikels vir SA Verbruiker. Uitgewer by Haum-Daan Retief, redakteur en vertaler by Hansard tydens die Driekamer- Parlement se lewetjie. Op vyftig jaar uitgeskiet na die buiteland en Engels doseer om Wanderslust  en passievolle studie van mense en kulture te befonds. Op 62jr tot ruste gekom en gereeld begin skryf. Sedert die negentiger jare publiseer ek gereëld kortverhale in Sarie, Huisgenoot, Rooirose en nou veral in Vrouekeur. Nou eers roman begin nadat Lapa een aangevra het. Elke môre as ek wakker word, wens ek die manuskrip is weg maar dit werk nie so nie. Nou kou ek aan die vierde herskryf. Erg moeilik vir ‘n vinnige mens. Wat vinnig snap. Wat met woorde weghardloop. Gelukkig besluit ek dat my skrywery my geliefdes se redding is anders  maak ek my drie kinders, wat baie besig is, gek en dit is nog te vroeg.

Verjaarsdag

1946-07-12

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed