Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Geslag
INK naam

envangeli

Biografie

 

Gebore in 1983.

 

In die jaar 2000 begin hy om af en toe eredienste te begelei op ‘n klawerbord in die plattelandse dorp Orania.

 

In 2002 sluit hy aan by ‘n jong kunstenaarsgroep op die dorp wat konserte aanbied en ook ‘n CD maak.

 

In 2007 voltooi hy Graad 5 klavier deur UNISA met die hulp van ‘n musiekonderwyseres op Hopetown.

 

In 2008 word ‘n digitale pyporrel op Orania geinstalleer en algaande leer hy homself om ook met pedale te speel. Hy word ook gevra om in 2009 te begelei by NG Kerk Luckhoff.

 

In 2010 voltooi hy ‘n CD met opnames van improvisasies op die pyporrels van Orania, Hopetown en Luckhoff met die naam “Jesus wat my liefhet, Heer”.

 

In 2011 verhuis hy na George waar hy aangestel word as orrelis en koorleier van die NG Kerk Outeniqualand en studeer vir 2 jaar vir ‘n diploma as Exercise Specialist.

 

In 2012 word hy ‘n Pilates en Yoga groep-instrukteur en bied ook Nova, Aqua aerobics, Zumba en oefeninge vir bejaardes aan in die jare wat volg.

 

In 2014 begin hy as begeleier vir die George Mannekoor.

 

In 2015 voltooi hy ‘n CD met improvisasies op die orrels van NG Kerk Outeniqualand, NG Kerk George-Suid en NG Moederkerk George asook opnames van eie komposisies. Die naam van hierdie CD is “Erkentlik deur die dae”. Hy bly ontevrede met die kwaliteit van die opnames van sy musiek tot dusver, omdat hy alles self doen en nie oor die nodige vaardigheid beskik om musiek te meng nie.

 

In 2015 besluit hy om vir Mauritz Lotz te vra om hom te help met die opneem en meng van Psalm 117. Hy doen al die stemopnames self tuis en stuur dit aan saam met die instrumentale uitleg in midi-formaat na Mauritz wat dit toe meng en vir die eerste keer in 2016 begin Tinus se musiek vir hom nader aan sy ideaal klink toe hy die finale verwerking van Psalm 117 ontvang.

 

In 2017 word hy aangestel as streeksverteenwoordiger vir die Suid-Kaap streek van die Suider Afrikaanse Kerkorrelistevereniging.

 

Verjaarsdag

1983-12-11

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed