Basiese Profiel
Estelle Piek
Estelle Piek het opgegroei op ń plaas teen die Botswana grens, tussen Vergeleë en Bray. Woorde het van vroeg af hul eie bekoring gehad, en was boeke haar beste vriende, waar sy in bome geskuil het om te lees, of saans by kerslig na ligte uit vir oulaas nog woorde moes inneem . Van boeke-reekse soosTessa, Fritz Deelman, Trompie, die Five avonture in Engels, tot by Konsalik -alles is verslind. Haar gunsteling tyd was in die taal-periodes op skool en universiteit, en debuteer haar eerste gedigte op twaalfjarige ouderdom. As joernalis by verskeie studente-publikasies maak sy haar merk, en hanteer later ook haar maatskappy publikasies met inhuis koerante . Dwarsdeur haar korporatiewe loopbaan bly sy met tussenposes skryf. Sy publiseer egter eers formeel in 2015 met haar kortverhale en gedigte wat opgeneem word in saamgestelde bundels deur Marleo Uitgewers, naamlik ‘Die Tiende Provinsie ‘ en ‘Dissekteer die Reënboog ‘. Van haar gedigte is ook opgeneem in ‘Umbilicus’en ‘Jy is Vrou’, uitgegee deur K&M Uitgewers. Estelle het ń aanlyn teenwoordigheid deur haar Facebook blad ‘Pen en Papier ‘; en is ook ń Blogger, Proefleser en Sosiale Media Bemarker vir verskeie maatskappye. Haar kontak besonderhede: estellepiek@gmail.com
0828932517
1964-10-01