Basiese Profiel
Eerste naam
Van
Geslag
INK naam
Jemima
Biografie
Omdat ek geseënd is met ‘n Lewensmaat wat my die spasie gee om myself op allerlei maniere kreatief uit te leef, het ek die voorreg om te skep deur te skryf, dig, sing, verf en tuinmaak. Woorde is oral in my kreatiewe werk ingevleg, dít is my passie!
Ons lewens is tjok-en-blok vol met vyf seuns, hulle geliefdes en een kleinseun wat volgens sy Oumie op die water kan loop. Drie van ons ouers is nog deel van ons lewens, dus word daar altyd in ligte luim gesê dat ons met ons lywige familie nie tyd het vir vriende nie. Gelukkig is dit nie waar nie.
Baie dankie vir julle briljante Forum, ek sien uit daarna om al die stories/gedigte te lees en bietjie van my binnegoed te deel.
Verjaarsdag
1964-12-02
