Basiese Profiel
KolJander_so_deur_die_bos
KolJander_so_deur_die_bos
Gebore: 07 Desember 1993 in Barberton, Mpumalanga.
My liefde vir die Afrikaanse taal het op ń baie jong ouderdom begin. Ek het van graad 1-7 deelgeneem in redenaars, prosa en poësie geleenthede op skool waar ek altyd 1ste of 2de plek gekry het en daarom het ek Afrikaans begin studeer en dit begin implementeer in die manier hoe ek praat, skryf en sing. Ek het na Lëarskool begin liedjies skryf en nee dis nie die algemene Afrikaanse liedjies wat meeste van die tyd die selfde klink nie maar liewer ń dieper tipe skryfstyl met digkuns as die anker.
Ek woon tans in Barberton waar ek daagliks my passie vir Afrikaans, skryf, sing en musiek uitleef!
Ons almal ken die ou liedjie wat ons as kinders gesing het van “Koljander so deur die bos” Die bynaam KolJander is aan my gegee deur ń Afrikaanse onderwyser in die Lëarskool juis oor my prestasie in die redenaars en manier van skryf.
Afrikaans is deur Liefde gebore sodat die wat dit verstaan dit sal voel.
God is liefde en Liefde wen altyd!
-KolJander♠️
1993-12-07
