Basiese Profiel
F&FTales
Madeleen is ‘n kinderboek en kortverhaalskryfster. Sy doen ook vryskut redigering en proeflesing. Deur die jare het sy talle skrywers gefasiliteer om hul droom as ‘n gepubliseerde skrywer te verwesenlik. Sy het veral bygedra tot titels met ‘n sterk godsdienstige en motiverende tema. Haar eerste twee kinderboek titels; Vonkie die Draakperdjie – Vuur en Vlam & Vonkie die Draakperdjie – Draak se Kind, is ook in Engels vertaal (Fatasi Uigewers 2011). Madeleen is ‘n trotse bydraer tot Rympies vir Pikkies en Peuters, Tafelberg Uitgewers, 2015, en Rympies vir Kleintjies en Kleuters, Tafelberg Uitgewers, 2017. Sy het op verskeie kinderverhaalprojekte vir Maskew Miller Longman (Graad 1-3) en Oxford University Press (Graad 3) gewerk en het gepubliseerde kortverhale by Nasau Via Africa, 2013, en die POWA Women’s Writing Project, 2010. In 2017 het sy haar boek, Claim Your Rightful Place laat self-publiseer by Balboa Press (Hay House), USA. Madeleen is die ‘Ken jou Storie’ kinderboek kompetisie (2018) kategorie 7-9 jaar wenner met haar titel, Blitsvinnige Rosie, in samewerking met Pretoria FM, Aros en Fontein Uitgewers.