Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

Maya

Biografie

Ek kan jou verveel met my loopbaan soos 29 jaar lank spyseniering bestuurder met ‘n MBA graad, op gewerk en uitgespoeg want haar voetjies is op. Gebore in Pretoria en steeds van Pretoria, maar ek wil eerder myself met jou deel.

Ek is seker die grootste realiteits-volstruis met die dikste romantiese-bril wat ek ken.

Vra my wat die wêreld se swaarkry-nuus is en ek kan nie minder omgee nie. Ek hoor dit maar ek druk my kop in die sand en dink aan die beter dinge in die lewe. Die hoop, die silwer rand om elke wolk, die wete dat ek tot alles in staat is deur God wat my krag gee.

Om op die gras te lê en prentjies bou van die wolke soos hulle verby gaan, met n koppie koffie te sit en luister hoe die druppels op die sinkdak dans, die dag te sien breek in al sy rosige skoonheid, om ‘n boek te le en lees op die strand en vergeet hoe die son my rooi looi…..dis wie ek is.

‘n Dromer, ‘n denker, ‘n mens-mens, die  sout van die aarde tipe is ek al genoem. Maar bo dit alles is ek ‘n unieke skepping van God. My ma en pa se kind.

Verjaarsdag

1973-09-23

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed