Basiese Profiel
Mariana van Zyl
Ek is in Beaufort Wes gebore maar het op 2 jarige ouderdom op Piketberg kom woon waar al my mooiste en soetste herinneringe lê. Teen Graad 4 het ons na Moorreesburg verhuis en hier gewoon tot net aan die einde van Graad 7 waarna my pa verplaas is na die dorre Wepener. Nie lank daarna nie is hy oorlede en my ma het my skoppend en skreeuend terug Beaufort Wes toe gesleep waar ek vir 14 lange jare moes woon voor ek weer terug Moorreesburg toe kon kom. Die mooiste stukkie wêreld ooit! Hier het ek my man ontmoet en is ek die trotse ma van ‘n seun wat elke asemteug ‘n vreugde maak! Ek het so 3 jaar gelede begin om te skryf aan ” gediggies” uit my hart so ek is nie ‘n skrywer of gegradueerde nie maar net iemand wat my woorde wil deel. Dalk help maak hul iemand weer heel.
1970-02-07