Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

PeeDee

Biografie

Peter Daniels, alias PeeDee, isin 1969 gebore in die stof strate van Elsies Rivier, Kaapstad. Elsies Rivier is ‘n tipiese Bruin gemeenskap, wat sy ontstaan het uit die groepsgebiede wet van die destydse Apartheids Regering. Sy kinder jare was baie moeilik, as gevolg van intense armoede. Kaalvoet Klonkie Vannie Elsies, is ‘n gedig in SoutKorrels 1, wat hierdie ondervinding goed raak vat.

Die skryf gogga het PeeDee op skool gebyt, waar sy belanstelling in opstelle en briewe, sy passie vir skryf aangewakker het. Die leer en voordra van resitasies, het ‘n liefde vir die digkuns in hom gekweek . Hy onthou met heimwee gedigte wat hy in die klas moes voordra, gedigte soos: ‘Wintersnag’; ‘Ek het ‘n huisie by die see; ‘Haar uitvaart ‘; om maar net ‘n paar te noem.

Hy het begin om sy gedigte op sosiale media te plaas, waar lesers belangstelling getoon en positiewe kommentaar gelewer het. Hy skryf uit sy siel, oor die alledaagse lief en leed van sy medemens, die natuurprag, politiek, die geveg van die Bruinsmens vir ‘n plekkie in die son, geslags gebaseerde geweld en nog baie meer.

Die publiek se belangstelling in sy werk, het daartoe gelei dat hy sy eerste digbundel, SoutKorrels 1, op 11 Junie 2020 gepubliseer het … wat gelei het na suksesvolle boekbekendstellings seremonies in Pretoria en Elsies Rivier.

Peter is ‘n gesins man. Getroud met Helga (1997), ‘n Pretoriaanse nooientjie van Eersterust. Uit die huwelik is twee pragtige dogters gebore, Bianca en Megan.

Hy werk as ‘n operasionele streeks bestuurder by Suid Afrika se beste sellulere maatskappy, MTN.

Met sy lidmaatskap aan die Eersterust Taal en Ontwikkelings Forum (E.T.O.F), probeer Peter terugploeg in sy gemeenskap… deur die bevordering van Afrikaans as moeder taal, sowel as die ontwikkeling van sy Bruin gemeenskap.

PeeDee is ‘n weder-gebore, gelowige mens, wat al sy vertroue in sy Skepper plaas . Hy glo God het hom die talent gegee om te kan skryf en diensooreenkomstig is dit sy plig om sy talent met sy medemens te deel. Al Peter se gedigte en skrywes, is geestelik ge-inspireerd… met ‘n sterk boodskap van hoop en die mens se ontsaglike deursettings vermoe, in die gesig van teespoed.

Met sy heel eerste Digbundel, SoutKorrels 1, het PeeDee genoeg belangstelling in sy werk geprikkel, dat hy vir ‘n toekenning genomineer is. Op 31 Julie 2020, ontvang hy die gesogte 2020 African Authors Awards, in die kategorie Afrikaanse Poësie.

Kontak Peter gerus by:
Sel No: +27 83 212 1072
Webblad: https://peedee.co.za
E-pos: peedeewriter@gmail.com
Inst : theepeedee
Twitter: theePeeDee

Verjaarsdag

1969-02-27

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed