Basiese Profiel
Lucinda Watermeyer
Die Suid-Afrikaanse skrywer, Lucinda Watermeyer se debuut José verskyn in 2021 gevolg deur Hard wat sy opdra aan die teenstropingseenhede in Suid-Afrika. Sy is in Gauteng (Transvaal) gebore waar sy later jare haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Kempton Park begin. Sy matrikuleer aan Hoërskool Framesby in Port Elizabeth en voltooi haar Graadkursus in BA Kommunikasiekunde aan die Universiteit Vrystaat in 1996. Sy begin haar loopbaan as verslaggewer in die Suid-Kaap by die Mossel Bay Advertiser. Vir 11 jaar kan sy haar passie as skrywer uitleef waarna sy en haar jong seuns in 2011 na Limpopo verhuis. Dit is hier waar sy vir die tweede keer in haar lewe onverwags, werklik geluk vind. Na nog ʼn paar jaar as verslaggewer by ʼn plaaslike koerant, roep sy die beroep vaarwel toe sy ʼn permanente posisie vir fondswerwing vir ʼn nasionale diensorganisasie aanvaar. Sy aanvaar in 2012 ʼn oorplasing na die Noord-Gauteng streek en in 2014 besluit hul as gesin om die stad se gewoel weer vir die platteland te verruil. Hul bevind hul vrede in Groot-Brakrivier waar sy haar passie vir kunste uitleef terwyl sy voltyds in diens van hul familiebesigheid is. Sy begin in 2020 tydens die Covid-pandemie in alle erns skryf en José sien die lig. Na die publikasie begin sy aan haar eerste Afrikaanse boek, Hard werk wat in 2023 gepubliseer is. Hard is die nuutste verhaal wat veral klem lê op die betreurenswaardige afname van renoster getalle en die brutaliteit wat die teenstropingseenhede in Suid-Afrika daagliks begroet om die spesie teen uitwissing te red.