Basiese Profiel
Madelein Nel
Verlies is vir so baie onbekend, vir ander, word dit hulle identiteit.
Ek kon seker nooit die werklike impak verstaan van wat verlies op mense gehad het, totdat ek dit self ervaar het nie….
Ek het binne 7 maande my pa tragies aan die dood afgestaan, en my man in ‘n egskeiding verloor.
Die impak op my hele wese het in die maande daarna sy tol geëis op my liggaam, siel en denke.
Ek het nooit gedink dat ek hierdie journey sou moes meëmaak, saam met al die veranderinge en aanpassings wat dit te weë gebring het vir my en drie kinders nie.
Madelein deel in haar eerste boek haar hart oor die journey van herstel deur tye van groot verlies. Sy is ‘n dinamiese ma van drie jong kinders, wat diep uit haar hart uit glo dat jou lewe nie eindig in tye van verlies nie, maar dat jou storie werklik dan eers begin. In die boek deel sy gedigte wat sy geskryf het deur ‘n tydperk van seer en groei, en deel saam met dit, praktiese wenke en skrifgedeeltes wat haar gedra het deur elke fase.
Haar hart is uitverkoop aan Jesus Christus wat haar absolute Rots was en is. Sy kan nie stilbly oor Sy goedheid en guns in haar lewe nie! Die skryf van hierdie boek was terselftertyd genesend, maar daar het ook in haar hart die behoefte ontstaan om ander te ondersteun in hierdie tye van die lewe wat alles nie mooi sin maak nie
1977-06-25