Basiese Profiel
Nicy
Ek is gebore en getoë in die Overbergse dorpie, Caledon. Getroud met Deon en het twee tieners Coden en De-anka. Ek skryf die afgelope vyfjaar Vryskut rubrieke en kortverhale vir die Kuier tydskrif en Son Koerant. My eerste kortverhaal verskyn in die Bundel, ‘n Bordjie Vergifnis en ander Verhale, in samewerking met Lapa en die Kuier tydskrif. Nog ‘n verhaal verskyn as e-verhaal in Renza Publikasies se e-boeke op Amazone. Van my kinderverhale is tans op die storie winkel webwerf Kliekclick te lees. Ek is ook medeskrywer van die bundel, ‘n Myl in my skoene en die Christelike Inspirasie bundel deur die Inspirasie reeks onder leiding van Jayge Carstens. Ek was ook die rubriekskrywer van ons plaaslike dorpskoerant, die Compacta en het gedigte gelees op die radiostasie Caledon fm. Van my werke verskyn in die volgende bundels; Versemarathon en Kwatryn Karnaval (Die van Waar ek Staan diggroep), Eer die Vrou (saamgestel deur Heleen Malherbe) en Krismis onder die Suiderkruis( Veerpen Uitgewers) Ek het onlangs derde prys, by ‘n gala geleentheid, by Emperos Palace in Johannesburg ontvang vir deelname aan ‘n skryf kompetisie deur die FB groep, Skryf Jou Storie. My Kortverhaalbundel, As die Binnekamer Praat is verlede jaar uitgegee deur Malherbe-Uitgewers en is aanlyn op Kobo beskikbaar. In my vrye tyd rig ek die Jeug af in Rieldanse, drama en voorlesing. My jongste kortverhaal is opgeneem in die US-Woordfees bundel.
1974-11-17