In enige instansie, groot maatskappy, klein besigheid of staatsinstelling word base en klase aangetref. Dit is een van die ongeskrewe (of partymaal baie goed gedokumenteerde) reëls van die samelewing. Die term “baas” is vanselfsprekend – hy is in beheer en gee die bevele. (Ek verwys deurgaans na “hy” of “hom” want om elke keer hy/sy […]
GEBREIDE KOMBERSIES Rooi wol. Sy gebruik die rooi wol om haar blokkie te brei. Die rooi wol is vir wanneer sy kwaad is. Nie ligtelik geïrriteerd nie maar briesend. Wanneer sy die rooi woede in haar voel opwel gryp haar hande onwillekeurig na die rooi wol en die skerp penne en dan BREI sy. Klik-klak, […]
Hulle het vroeër vandag ingeboek na ‘n lang, steil rit op die stofpad. Die bestuurder van die vakansie-oord het die huis vir hulle oopgesluit, vir hulle verduidelik waar alles is en op sy pad uit grappenderwys oor sy skouer gesê: “Hierdie huis is berug vir die spook wat hier rondloop, hoor! Daar is blykbaar ‘n […]
Molshope “Moenie ‘n berg van ‘n molshoop maak nie”. Dis ‘n gesegde wat ons almal op skool geleer het. In elk geval dis wat ek geleer het rofweg twee jaar nadat die dinosourusse uitgesterf het toe ék op skool was. Dis ‘n baie interressante gesegde. Vir die wat nie weet nie – dis wat jou […]