Ek sit en kyk na waar hulle in die sand en modder speel. In my hart ‘n hartseer maar verligte gevoel dat niks hulle onskuld en kind wees so kan steel. En ek sien klaar in hulle speel en planne maak hoe ons bloed deur ons are oordra en hulle hele mens wees raak. […]
Jy loop soos ‘n vraagteken, Oë misleidend vol jammer. Die perfekte slagoffer van almal om jou se onreg. ‘n Sluier van sagtheid, die sagte reus wat niemand vrees maak almal op hul gemak. Maar dit was alles ‘n fassade die gebuigde skouers leeg was die gewete wat op jou weeg, versteekte manipulasie. […]
‘n Pikkewyn vat ‘n klippie rond en klein vir sy lewensmaat… ‘n Veraltyd liefde opgesom In ‘n eenvoudige belofte “tot die dood ons skei.” Daar was ‘n klippie gegee maar water rippel onophoudelik… Die klippie is in die see jou beloftes was leeg.
Vreemdeling in my huis Hoe kon jy Hoe was jy so gemaklik Was jy so tuis Vreemdeling op my bank So gemaklik So oog verblindend Vir hopeloos te lank Vreemdeling in my bed Ekt geveg vir liefde Geveg dat jy my raaksien Maar jy wou nie sien wat jy het. Vreemdeling nou buite my deur […]
Hierdie klink dalk net te kinderlik eenvoudig as dit maar net was jy soek wat jy nie het. Soos ‘n kleuter besluiteloos was die bal in jou hande maar jyt hom weggegooi sodra n ander hom het is jy boos. Soos ‘n kind moeggespeel eenkant gegooi weggestap maar draai om weier om dit […]
Elke oggend wil my hart gaan staan, dis leeg, jy is nie meer langsaan. Die pyn skiet deur my, vrae hoekom ons nie genoeg was om te bly. Die nagmerrie begin as my oë oopgaan, die dag lê swaar voor my uitgebaan. My asemhaling stop. My longe en hart gee heeltemal op… Dan […]
Hulle se dis oomblikke toe tyd gaan stilstaan, die eerste oogopslag wat alle pyn laat vergaan. Dis die klein voete wat diep spore kom trap klein handjies wat in joune sit om deur hierdie lewe te stap. Die nat soene stywe drukkies en dit maak n hart vol al hierdie stukkies. Dis ‘n Gods gawe […]
