Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

Saretha Benadé

Biografie

Ek is gebore op Belfast in die destydse Oos Transvaal, Ek is die jongste van 4 kinders en ook die laatlam. Ons het op ‘n plaas gebly waar my pa met beeste en mielies geboer het. Ek was van kleins af baie lief vir diere en die natuur. Toe die skryfgogga my dus op ongeveer 11 jarige ouderdom byt, het ek graag rympies oor diere en die natuur geskryf. Ek het ook vandat ek kan onthou, al wat ‘n boek is, verslind. Ek kon partykeer dwarsdeur die nag lees.
Na skool het ek by die destydse H.F. Verwoerd hospitaal begin werk en my opleiding as verpleegster begin. Ek was maar gedurig aan die skryf aan iets. Later het ek meer liefdesgedigte begin skryf.
Ek is in 2001 met Pieter Benadé getroud en ons seun André is in 2003 gebore,
Ek het verpleeg tot einde Augustus verlede jaar.
Deesdae skryf ek meer geestelike gedigte, want sodoende kan ek aan die Here die eer gee vir die talent wat Hy vir my gegee het.
Ek het al ‘n paar kortverhale geskryf, maar het nog niks gepubliseer nie. Daar is wel van my gedigte in 2 digbundels opgeneem, saam met ander digters.
Ek skryf graag oor dinge wat my na aan die hart lê soos my God en my geliefdes. Ek skryf ook graag as iets my ontstel om dit sodoende te probeer verwerk. Ek sal graag voltyds wil skryf en ek wil ook graag ‘n digbundel publiseer.

Verjaarsdag

1969-07-02

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed