Basiese Profiel
Eerste naam
Van
Geslag
INK naam
Wynand Kriedemann
Biografie
Ek is gebore net duskant Bloedrivier op ‘n klein dorpie, Glencoe in die destydse Noord Natal.
My spore lê ook diep getrap in Windhoek, Namibië, daar het ek leer tel en skryf, visvang en jag,en het die ongerepte natuur met my siel gepraat.
Op die Oos Rand in Gauteng het ek Hoërskool,my verder laat formeer, en toe verhuis na die mooie “Ou Kaap” , hier het ek die liefde van my lewe ontmoet, en God se opdrag angekommen, 3 kinders later, en 1 kleinkind, met ‘n 2de een oppad.
Tans woon ons in Auckland Nieu Seeland, nou al vir 10 jaar, en ek skryf nog in Afrikaans. Hier in die vreemde het ek my eerste gedig geskryf, en nog nie opgehou nie.
Woorde op papier verstaan my soms beter as mense.
Verjaarsdag
1973-03-15