Jongste aktiwiteit:

  • CM Lid se profiel foto het verander

  • Profiel foto van CM

    CM

    4 jaar, 6 maande

    Kleurloos

    Tussen blou en grys weet ek is jy
    En my hart skree op sy hardste
    Wag asseblief net daar vir my
    Ek is oppad maar die pad is lank en ek is kaalvoet
    Want jy weet mos ek hou van kaalvoet loop

    Ek het jou ou rugsak op my rug
    Vol sterre wat ek gevang het net vir jou
    En jou gusteling liedtjie in my hemp se mou
    Die son glimlag skerp vir my, jaag my aan en
    fluister ek moet gou maak
    Jy kan nie meer te lank vir my wag

    Ek voel ek moet dalk eers ‘n bietjie rus
    Jy sal mos verstaan
    Soms raak die pad maar moeilik en swaar
    En kan ek nie langer aangaan
    Ek stuur solank vir jou n boodskap met die wind
    Wag asseblief vir my net daar

    Ek hoor in die nag se stilte jou stem sag
    En ek wonder wat jy sê
    Maar ek is moeg en moet nog so ‘n rukkie lê
    Want my hart is ‘n deurmekaar palet
    Met verf wat orals loop

    Dieselfde son van gister
    Voel ek op my wange brand
    Ek moet opstaan en weer aangaan
    Bliksem maar my pad is lank

    Iewers tussen blou en grys
    Dink ek ek het verdwaal
    Want jy is dan nêrens hier nie
    Het grys jou dan nou kom haal

    Ek soek die grootste klip uit
    En besluit ek gaan net hier sit
    En ek wonder as ek net hier wag
    Of jy my eendag sal kom haal

    CM
    22/11/21

    Wees die eerste om hiervan te hou!
    geen kommentaar
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • CM Lid se profiel foto het verander