-
Kom vat my hand
Kom vat my hand my kind
Laat ek jou vashou en bly nog so rukkie klein
In jou glimlag sien ek wit en blou skepe seil
En in jou oë skitter reëndruppels , vol beloftesEk wil die wêreld vir jou wys
Sonder die monsters en donderweer
Omdat ek weet dat jy bang is vir ditEk wil vir jou stories vertel
van mense wat nog goed is
en van ware geluk wat nog kan bestaan
Dat jy liefde ontdek, net soos wat jy jou
kerspersente oopskeur, vol opgewondenheid oor wat dit mag weesEk wil hê jy moet met jou diamant reëndruppel oë deur die lewe gaan, wat net die goed in alles sien, en breë sterk skouers
wat ander mense se laste minder maak, want so sal jou las ook minder weesEk wil hê jy moet kliphard sing saam met al jou gunsteling liedtjies,
en loop in die reën sodat dit al jou probleme kan afwas
Flieks kyk op Sondae aande, want dit hoort so
en lag vir dom grappe, sommer net omdat dit lekker is om te lagDaar is so baie dinge wat ek vir jou wil hê
Maar vir nou wil ek net jou hand vat, en jou vashou, en jou nog net so rukkie langer klein houWant jy is my gunsteling mens, my selfgemaakte mengsel van sand en seë…. van kattekwaad en taai gemorsde vloere, van drukkies en sagte jammer mamma woorde…en ek is bitter lief vir jou
CM
Wees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar
