-
Sien jy my
Sien jy my as ek vir jou kyk,
sien jy my as my hart na jou soek
na jou arms om my ….
Sien jy my as my voete na jou toe wil hardloop?Maar ek staan stil en die blou van die lug spoel oor my
Die sterre tel my op en ek voel die koue aandlug om my
En ek wonder…. sien jy my
Ken jy my naam
Weet jy ek glo nog aan gelukkige eindes
Aan verjaarsdag wense maak en monsters wat net mense isEk stoei met my gedagtes
Hulle terg my en steek vir my tong uit
Het ek dalk een keer ook deur jou gedagtes gegaan
Het jy een keer gewonder of ek jou ook sien
Oor die nag en alles wat kan wees
Die maanlig wat saam met ons hardloop
Na ‘n plek waar blou die enigste kleur is wat bestaan
En die sterre dans om ons, op die maat van ‘n ou melodie, vaagweg bekend
Maar ons luister net soms
En in die stil tussen in
Sien ek jou en jy sien myWerklikheid spoel my op die strand uit
en vertrap my soos groot olifant voete
Die blou is skielik rooi
En ek besef dit is malligheid om so te droom
Waansin van ‘n ongesiende vrou
Dis al…..CM
Wees die eerste om hiervan te hou!geen kommentaar
